SportSport

Lopiesfees vir Valia-kolwers

Twee honderdtalle en vyftigtal rol in.

VANDERBIJLPARK – Die eerste krieketspan van die HS Transvalia het Saterdag op sy tuisveld vir HS Sasolburg oortuigend met 198 lopies geklop.

Valia het eerste gekolf en ‘n reuse-telling van 397/9 in 50 beurte gemoker. Declan Steinmann 151 (83), Ashton Cachia 116 (132) en Janre Barnard 51 (52) het by die lopiefeesmaal aangesit. Hoewel Declan en Ahston kanse gebied het, het die tweemanskap die besoekers se boulaanval aan flarde geslaan. Liam Singleton (3/40), Henco Roets (2/71) en Dean Harris (2/74).

Ashton Cachia het 116 lopies aangeteken.

SHS se gebrek aan toewyding in die veld het ook nie hulle saak bevorder nie. Met die bal het Justin Oberholster (2/12), Damon Kelly-Gliddon (2-25) en Abrie Botha (2/25) elk twee paaltjies laat kantel.

Jeanre Barnard het 51 van 52 aflewerings gemoker

Vir die besoekers het Stephan Roets (43), Nathan Bouwer (36) en Jan Hendrik Espag 28 het dubbelsyfer gehaal maar die besoekers is in die 40ste beurt vir slegs 199 lopies uitgeboul.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button