Local newsNews

Boeke gesoek, want kinders moet lees

Skenk 'n Afrikaanse storieboek vir kinders en help dié sentrum om hul leeshoek te begin.

VAALPARK – Shalom Kidz in Vaalpark wil graag vir die kinders in hul sorg, van Gr RR – Gr 7 help om Afrikaans beter te verstaan en te kan lees.

Met die temperature wat al hoe warmer word, kan die kinders ook nie altyd in die middae buite speel nie. Sonnette Cramer en haar span het derhalwe besluit om ʼn leeshoek in te rig waar die kinders in die middae kan lees en ontspan.

Hulle vra vir donasies van Afrikaanse kinderboeke en enige ander opvoedkundige boeke vir laerskoolleerders. “Ek dink dis belangrik dat ons kinders weer begin lees. Enige Afrikaanse storieboeke vir kinders en prenteboeke vir die kleintjies is welkom,” sê Sonnette.

Boeke kan by Shalom KIdz afgelaai word. Die sentrum is geleë te 12 Tafelbergstraat in Vaalpark. Andersins kan Juanita de Wet gekontak word op 081 449 7326 en sy sal die boeke gaan haal in Vanderbijlpark, Vaalpark en Sasolburg.

Juanita sê: “Kom ons gee saam aan kinders die geleentheid om te lees, te leer en te droom! Elke boek kan ’n nuwe wêreld vir ’n kind oopmaak. Baie dankie aan elkeen wat hul harte oopmaak vir elke skenking.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button