Local newsNews

Transvalia gholfers gekies vir SA-span

Dit het baie harde werk en oefening geverg en die laaste toernooi in Nelspruit was in regte eende weer, maar die twee het dit gedoen!

VANDERBIJLPARK – Hoërskool Transvalia het ʼn skitterende gholfseisoen in 2026 gehad. Nie net het die Valia-span hul 12de Vaaldriehoek-liga-oorwinning behaal nie, vier van hul spelers het die Vaaldriehoek Hoërskole span gehaal wat by die SA Hoërskole deelgeneem het.

Hulle het ook derde gekom in die uiters kompeterende Noordvaal finaal waar Janko Vrey (kaptein) as die nommer 1-speler gekroon is.  

Die kersie op die koek is dat Janko en NF van Tonder na afloop van die SA Hoërskole-toernooi in ʼn uitmergelende driedagtoernooi in eende weer, gekies is vir die SA Hoërskole A-span. Die span gaan kragte meet teen Zimbabwe.

Transvalia het op hul Facebookblad die volgende geplaas: “Ons by VALIA is ongelooflik trots op julle en wens julle alle sterkte toe vir die uitdaging teen Zimbabwe se beste spelers.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button