Local newsNewsNews

Jong man beseer in bromponie ongeluk

Jong man beseer in bromponie ongeluk

VANDERBIJLPARK. – ‘n Jong man in sy twintigs is vroegoggend beseer toe hy met sy Big Boy bromponie teen ‘n Izusu afleweringsvoertuig gebots het.

Die ongeluk het net voor 11:00 vanoggend 2 Julie in Rosinni boulevard gebeur. Volgens die bestuurder van die bakkie het hy stadiger begin ry om ‘n aflewering te doen by een van die huise. Volgens hom het hy die aankomende bromponie in die tru-spieël gesien en die volgende oomblik die slag gevoel.

Die bromponie het die regteragterkant van die bakkie getref. ER24 personeel het die jong man op die toneel behandel en na die Emfuleni Mediclinic geneem vir behandeling. HY het sy linkerarm gebreek en verskeie ander kleiner beserings opgedoen.

Die jong man se stiefma en ouma en oupa was op die toneel en het hom bygestaan. Die polisie ondersoek die ongeluk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button