Local newsNewsNews

Motorfiets deur heining – man kritiek

Motorfiets deur heining - man kritiek

VANDERBIJLPARK. ‘n Motorfietsongeluk vanmiddag op die kruising van Edison Boulevard en Andries Potgieter boulevard net voor 16:00 op Vrouedag 9 Augustus, het die bestuurder van die motorfiets in ‘n kritieke toestand gelaat.

Volgens inligting het die bestuurder van die Suzuki motorfiets beheer verloor en deur die heining van Dekra Verwe gebars. Die motorfiets het ook binne die perseel teen ‘n Volkswagen Caddy bakkkie gestamp. Die bestuurder van die motorfiets is op die toneel deur ER24 paramediese personeel behandel en na die Sebokeng hospitaal vir behandeling.

FOTOS: Johanna Strydom

FOTO: Johanna Strydom
FOTO: Johanna Strydom
FOTO: Johanna Strydom
FOTO: Johanna Strydom
FOTO: Johanna Strydom
FOTO: Johanna Strydom

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button