Local newsNewsNews

Vrou ernstig beseer na kop-teen-kop botsing

Vrou ernstig beseer na kop-teen-kop botsing

VILJOENSDRIF. – ‘n Vrou in haar veertigs en ‘n man, moontlik in sy vyftigs is vanoggend, Donderdag 15 Augustus ernstig beseer toe hul twee voertuie in ‘n kop-teen-kop botsing betrokke was op die Ascot on Vaal rylaan net na die Vaalrivierbrug en voor die R59.

Die vrou het vanaf Viljoensdrif in die rigting van Vanderbijlpark met ‘n wit Opel Corsa Lite gery en die man die teenoorgestelde rigting met ‘n silwer Volkswagen Polo. Die man wou vermoedelik by die oprit na die R59 indraai toe die ongeluk gebeur het. Altwee pasiënte was steeds in die voertuie en ER24 paramediese personeel het beide pasiënte op die toneel behandel en na die Emfuleni Mediclinic geneem vir behandeling. Metsimahole brandweer, die provinsiale verkeer en die polisie van Viljoensdrif was op die toneel. Die ongeluk word ondersoek.

Videogreep: Jannie du Plessis (Vaalweekblad)

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button