Local newsNewsNewsBreaking News

[Video] Huishulp kritiek na Stokkiesdraai se draai

VANDERBIJLPARK. - Die bestuurder van 'n wit Toyota Hilux bakkie en hul huishulp is beseer in 'n ongeluk op die gevreesde Stokkiesdraai pad (Ravellaan) op die draai by die steenmakery.

VANDERBIJLPARK. – Die bestuurder van ‘n wit Toyota Hilux bakkie en hul huishulp is beseer in ‘n ongeluk op die gevreesde Stokkiesdraai pad (Ravellaan) op die draai by die steenmakery.

Volgens inligting was Xavier Katzke (31), op pad om hul huisbediende af te gaan laai toe hy vermoedelik beheer oor die voertuig verloor het net na die spruitjie. Die ongeluk het vroeër vanaand Sondag 2 September net voor 18:00 plaasgevind.

Volgens ‘n omstaander, wat die ongeluk gehoor het, moes die bakkie twee tot drie keer gerol het. ER24 en Netcare 911 paramediese personeel het die huishulp, wat in ‘n kritieke toestand is, op die toneel behandel en na die Sebokeng hospitaal geneem vir behandeling. Zavier is ook ernstig beseer en is ook deur ‘n ER24 ambulans na die Sebokeng hospitaal geneem vir behandeling.

 

FOTOI: Jannie du Plessis

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

KYK NA DIE ONGELUK OP LENTEDAG OP DIE R57.

Lentedag met baie hartseer – baie ongelukke

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button