Local newsNewsNewsBreaking News

Trok besteel na ongeluk op N1

VANDERBIJLPARK. - 'n Groot trok en 'n voertuig is vanoggend in 'n ongeluk betrokke op die N1 en is later van sy vrag gestroop.

VANDERBIJLPARK. – ‘n Groot trok en ‘n voertuig is vanoggend in ‘n ongeluk betrokke op die N1 en is later van sy vrag gestroop.

Die Volkswagen Polo se band het onklaar geraak en twee van die drie insittendes is na ‘n nabygeleë woonbuurt om hulp te soek. Een van die passasiers wat in die voertuig agter gebly het, is beseer toe die trokdrywer vermoedelik aan die slaap geraak het en die Polo teen die sykant getref het. Daarna het die trokdrywer vermoedelik beheer verloor oor die trok. Die trok het teen die wal af gery en die bestuurder van die trok is beseer. Hy en die man in die Polo is deur paramediese personeel na die hospitaal geneem vir behandeling.

Intussen is die trok, wat vrugtesappe vervoer het, deur die gemeenskap van ‘n nabygeleë woonbuurt geplunder. Die inwoners het hul self gehelp met die vroeë oggend sappies.

FOTO: Karel van der Merwe
FOTO: Karel van der Merwe
Foto: Adelaide Williams (Facebook)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button