Local newsNewsNewsBreaking News

Bejaarde man doodgery

Bejaarde man doodgery

VANDERBIJLPARK. – ‘n Bejaarde man is gister dood toe hy in Ascot on Vaal rylaan tussen die Pick & Pay Bedworthpark kompleks en La Oma slaghuis voor ‘n motor beland het.

ER24 was kort daarna op die toneel maar niks kon vir die man gedoen word nie. Hy is vermoedelik opslag dood en is op die toneel dood verklaar. Die ongeluk het ongeveer 13:00 Vrydag 21 Desember plaasgevind. Die polisie was op die toneel en die saak word ondersoek. Geen verdere besonderhede oor die identiteit van die man is bekend nie.

FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button