LetterLifestyleLocal newsNewsOpinions

Wie wil so ‘n projek ondersteun?

"Party slaggate is nie opsigtelik nie en soms ry ek eerder deur die gat as wat ek in my medepadgebruiker se baan inswaai" - leser

 

WIE WIL SO ‘N PROJEK ONDERSTEUN?
Alta Malan van Vanderbijlpark skryf:

Hoe maak ons nou? Die paaie in ons dorp is aan die vergaan.

Die koste verbonde aan die gebruik van die dorp se paaie, voel elkeen wat deur ‘n diep slaggat gery het aan sy/ haar sak.

Jy hoef nie vinnig deur so ‘n slaggat te ry om skade aan jou voertuig op te doen nie.

Party slaggate is nie opsigtelik nie en soms ry ek eerder deur die gat as wat ek in my medepadgebruiker se baan inswaai.

Wat staan my te doen?

Kan ek help paaie herstel oor naweke – ek sal dit beslis doen. Is daar nog inwoners wat só voel?

• Individue of sakeondernemings wat by so ‘n projek betrokke wil raak, kan Alta by aletamalan@gmail.com kontak.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button