Local newsNewsNews

Swart Vrydag tref Vaal

VANDERBIJLPARK. – Vrydag 1 Februarie sal vir al die verkeerde redes onthou word. Die Swart Vrydag het afgeskop met die Driehoek-tragedie waarin drie kinders oorlede is en talle beseer is toe ‘n struktuur inmekaar gesak het. ‘n Ouer wat na die skool gehaas het, is ernstig in Rosini Boulevard in ‘n motorongeluk beseer. Op die …

VANDERBIJLPARK. – Vrydag 1 Februarie sal vir al die verkeerde redes onthou word. Die Swart Vrydag het afgeskop met die Driehoek-tragedie waarin drie kinders oorlede is en talle beseer is toe ‘n struktuur inmekaar gesak het. ‘n Ouer wat na die skool gehaas het, is ernstig in Rosini Boulevard in ‘n motorongeluk beseer.

Op die R57 tussen Vanderbijlpark en Sasolburg was  drie voertuie net na 15:00 in ‘n ongeluk betrokke. ‘n Wit Corsa bakkie het op sy sy beland en ‘n rooi Ford Figo op sy dak. ‘n Derde voertuig wat ‘n mobiele toilet op ‘n sleepwa vervoer het, was ook in die ongeluk betrokke. Niemand is ernstig beseer nie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button