Local newsNationalNewsBreaking News

Hartseer nuus: Marnus verloor sy stryd

Vierde Driehoek-leerling vanoggend in hospitaal oorlede

 

Vaalweekblad het pas verneem dat Marnus Nagel, een van Hoërskool Driehoek se leerlinge wat Vrydagoggend kritiek in die fratsongeluk by die skool beseer is, vanoggend beswyk het.

Annari du Plessis, ‘n bekende krisis-ondersteuner in die Vaaldriehoekse gemeenskap wat direkte kontak met die familie het, rapporteer op die Gebedsgroep vir Driehoek-kinders: “Marnus is inderdaad vanoggend (3 Februarie) na Jesus toe.”
“Dit is ‘n nuwe stuk trauma in die oggend vir so baie kinders. Kom ons wees sag met mekaar en wees daar vir mekaar en kom ons bid vir die ouers en almal na aan Marnus. Ek is so jammer….. Rus sag seun.”

Marnus se dood bring die getal kinders wat weens Vrydag se tragedie gesterf het, op vier te staan. Die ander kinders is Roydon Olckers, Jandré Steyn en Marli Currie.

* Vaalweekblad se innige simpatie aan die ouers, familie en vriende van Marnus, Roydon, Jandré en Marli. Ons gedagtes en gebede is by Hoërskool Driehoek en almal wat deur Vrydag se gebeure geraak word.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button