Local newsNewsNewsBreaking News

Bakkie val in sinkgat – bestuurder beseer

Bakkie val in sinkgat - bestuurder beseer

Elsje Vermeulen – Vaalweekblad

VANDERBIJLPARK. – Mnr. Jaco van den Berg het omstreeks 15:00 vanmiddag (28 Februarie) met sy bakkie in ‘n sinkgat in Westinghouse Boulevard in Vanderbijlpark beland.

Hy het sy rug beseer en is op die toneel deur mediese personeel gestabiliseer voordat hy hospitaal toe geneem is. Hy was besig om VF+ se stemplakkate teen die lamppale op te sit. Die gat was versteek tussen die lang gras. Nog drie soortgelyke sinkgate is binne ‘n afstand van 100m voor hierdie sinkgat gevind. Inwoners en motoriste word gewaarsku om baie versigtig daar te loop en ry.

Volledige berig in Woensdag (6 Maart) se Vaalweekblad.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button