Local newsNewsNewsBreaking News

Ooggetuies gesoek van oom Tienie se ongeluk

Ooggetuies gesoek van oom Tienie se ongeluk

VANDERBIJLPARK. – Ooggetuies word gesoek na die ongeluk op ‘n bejaarde man wat Dinsdagoggend (19 Februarie) omstreeks 08:45 in Pres. Krugerstraat in die middedorp deur ‘n taxi raakgery is.
Marthinus Johannes (Tienie) Fivaz (71) is op die toneel deur ER24, Netcare 911 en die Provinsiale Ambulansdiens se paramediese personeel behandel en na die hospitaal geneem.
Oom Tienie is steeds in die ICU van die Sebokeng-hospitaal en sy dogter Annette van Tonder vra getuies om na vore te kom wat die ongeluk gesien gebeur het.
Volgens inligting was getuies die passasiers in die taxi, ‘n blanke vrou wat op die toneel was en werknemers van omliggende winkels.
Kontak Annette op 084 874 0004.

FOTO: Jannie du Plessis

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button