Local newsNewsNewsBreaking News

Man los gesny uit voertuig na botsing

Man los gesny uit voertuig na botsing

VANDERBIJLPARK. – ‘n Man is gister-oggend (Sondag 3 Maart) ernstig beseer toe die voertuig waarmee hy gery het se linker-agterwiel gebars het en hy teen ‘n boom gebots het.

Hans Jakobs (49) moes deur ER24 paramediese personeel uit sy Renault losgesny word nadat sy bene in die ongeluk vasgesit het.  Die ongeluk het net na 07:00 in Marconistraat gebeur reg-oorkant Laerskool Hendrik van der Bijl. Hy is deur paramediese personeel op die toneel gestabiliseer en na die Sebokeng hospitaal geneem vir behandeling.

Foto: Johanna Strydom

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button