Local newsNewsNewsBreaking News

Man gearresteer na hy Pizza motorfiets stamp

Man gearresteer na hy Pizza motorfiets stamp

VANDERBIJLPARK. ‘n Man is vroeg vanaand (3 Maart) gearresteer nadat hy vermoedelik onder die invloed een van Domino’s Pizza se motorfietsryers van agteraf gestamp het.

Die ongeluk het net voor 20:00 op die robot van Jan van Riebeeck boulevard en Frikkie Meyer boulevard plaasgevind. Die bestuurder van die motorfiets het sy knieg beseer en is deur ER24 na die Mediclinic Emfuleni geneem vir behandeling. Die bestuurder van ‘n wit Mercedes is op die toneel deur die polisie gearresteer.

Volgens die bestuurder het hy nie die motorfiets gesien nie maar op die toneel is bevestig dat die agterlig en briekligte in werkende toestand is. Die verkeersdepartement was ook op die toneel.

FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button