LifestyleLocal newsNews

‘Bustannie’ Hildagard oorlede – Die einde van ‘n era

As jy in Hoërskool Sasolburg was die afgelope 30 jaar of langer en jy het bus gery skool toe, was jy vir seker op een van tannie Hildagard en oom Frans Naudé se busse

 
Jaco Van Zyl skryf:
Ek wil graag hulde bring aan ‘n goeie vriend, Braam Naudé, se ma Hildagard Naudé, wat vir jare in Sasolburg/Vaalpark gewoon het. As jy enigsins in Hoërskool Sasolburg was die afgelope 30 jaar plus en jy het bus gery skool toe, was jy vir seker op een van tannie Hildagard en oom Frans Naudé se busse gewees. Dit is die einde van ‘n era.
Tannie Hildagard is verlede Saterdag in die ouderdom van 80 jaar oorlede. Ek het hulle lank geken, en wil net sê hulle was goeie mense gewees…..
Daar sal Saterdag, 16 Maart om 11:00 ‘n diens vir haar gehou word in die NG Kerk Vaalpark.
Rus sag my liewe tannie Hildagard en sê baie groete vir oom Frans.

Wyle mev. Hildagard Naudé.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button