Local newsNews

Nuutste: V’niging tot stilstand gedwing

Ettienne van Rensburg VEREENIGING. – Grootskaalse protes-aksie deur taxi- en  trokbestuurders het Vereeniging op 20 Maart van die buitewêreld afgesny, nadat alle ingange na die Vereeniging sakegebied deur taxi’s en vragmotors versper is. Dit het later na  Vanderbijlpark, Sebokeng en Orange Farm uitgebrei. Die betogers is glo ongelukkig oor slaggate en die gesloer om die Taxi-staanplekke in …

Ettienne van Rensburg

VEREENIGING. – Grootskaalse protes-aksie deur taxi- en  trokbestuurders het Vereeniging op 20 Maart van die buitewêreld afgesny, nadat alle ingange na die Vereeniging sakegebied deur taxi’s en vragmotors versper is. Dit het later na  Vanderbijlpark, Sebokeng en Orange Farm uitgebrei. Die betogers is glo ongelukkig oor slaggate en die gesloer om die Taxi-staanplekke in die area op te knap. Chaos het op die Vaaldriehoekse paaie geheers met motoriste wat alternatiewe roetes moes vind. Verskeie verkeersknope het motoriste rooigesig gelaat.

Buite die Vereeniging Landdros-hof het daar ook chaos geheers met  lede van die publiek wat doelloos en vraend rondgestaan het, omdat hofverrigtinge deur tax-staking ontwrig is. Vragmotors en motoriste het op die R59 uit moedeloosheid en frustrasie van die pad afgetrek. Buiten vir motorbande wat aan die brand gesteek is en versperrings het die betoging tot dusver vreedsaam verloop.

‘n Hoë polisie teenwoordigheid het sake by die kruising van General Smuts straat en van Riebeeck straat  fyn dopgehou. Die impak en omvang van die staking op die plaaslike ekonomie sal eers later bepaal kan word, aangesien duisende mense vandag nie by die werk kon uitkom nie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button