Local newsNewsNewsBreaking News

Staal vrou laat diep spore agter

VANDERBIJLPARK. - Dit is met baie seer harte dat werkers en bestuur afskeid geneem het van ‘n geliefde kollega en vriendin, Debbie Smith (41).

Jannie du Plessis – Vaalweekblad

VANDERBIJLPARK. – Dit is met baie seer harte dat werkers en bestuur afskeid geneem het van ‘n geliefde kollega en vriendin, Debbie Smith (41).
Debbie, interne verkoopsbestuurder by Stewards & Lloyds, was 15 jaar in diens van die maatskappy in Vanderbijlpark en het diep spore in die staalbedryf getrap wat vir altyd onthou sal word.
Debbie is op 28 Maart aan ‘n hartaanval dood. Volgens Belinda Malan, verkoopsbestuurder Vaal, was sy baie gewild en geliefd onder haar kollegas en kliënte. “Ons sal haar onthou vir haar passie, harde werk, grappies en die glimlag op haar gesig waarmee sy alles aangepak het,” vertel Belinda.
“Rus in vrede ou Debs, jy laat ‘n groot leemte in ons almal se harte.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button