LifestyleLocal newsNationalNews

Volpunte vir Midvaal-brandweer!

Nooddienspersoneel red hond uit vlamme

 

Midvaal se brand- en nooddienste is vroeg vanoggend na ‘n huis in Rothdene ontbied nadat ‘n brand by die Brandbestrydingsafdeling aangemeld is. Met hul aankoms het die personeel gesien dat rook by die dak en vensters uitborrel. Toe die brandweermanne besef dat ‘n hond steeds in die kombuis vasgekeer was, het hulle die rook en vlamme onverskrokke aangedurf, die hond te hulp gesnel en hom na buite gebring. Die hond is veilig en gelukkig nie beseer nie.

* Midvaal se brandweerpersoneel, julle maak die Vaaldriehoek trots!

Dit is onbekend of die eienaars ten tyde van die brand in die huis was. Sover vasgestel kan word is niemand beseer nie.

#ProudlyMidvaal

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button