Local newsNewsNews

Skolier tot in hospitaal gemoker

VANDERBIJLPARK.- ‘n 15-jarige Skolier aan die Hoërskool Vanderbijlpark en inwoner van Parklande is Vrydagmiddag gehospitaliseer nadat hy erg deur ‘n groot groep leerlinge aangerand is. Die aanranding het digby  C Havonnes Terras en Van Noodt hof in Shakespeare Straat plaasgevind. ER 24 het die bewustelose tiener op die toneel behandel en hom na die Sebokeng …

VANDERBIJLPARK.- ‘n 15-jarige Skolier aan die Hoërskool Vanderbijlpark en inwoner van Parklande is Vrydagmiddag gehospitaliseer nadat hy erg deur ‘n groot groep leerlinge aangerand is.

Die aanranding het digby  C Havonnes Terras en Van Noodt hof in Shakespeare Straat plaasgevind. ER 24 het die bewustelose tiener op die toneel behandel en hom na die Sebokeng hospitaal vervoer. Wat presies aanleiding tot die aanranding gegee het, is onduidelik maar volgens inwoners is dwelmmisbruik en aanrandings ‘n alledaagse verskynsel in dié buurt.

Volgens een van die inwoners Sarie Smith wat die aanrading gesien gebeur het, draai leerlinge van die skool daagliks daar stokkies. “Daar is selfs laerskoolkinders wat dwelms gebruik. Iets moet hieraan gedoen word. Die polisie doen niks nie,” sê sy. – Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van Vaalweekblad   

Die 15-jarige leerling aan die Hoërskool Vanderbijlpark wat in ‘n veldtjie erg aangerand is, word in ‘n ambulans gelaai. Foto: Ettienne van Rensburg

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button