Local newsNewsNewsBreaking News

R59 naby Vaalpark eis drie lewens

R59 naby Vaalpark eis drie lewens

SASOLBURG. – Die R59 snelweg het vanmiddag (5 Mei) die lewe van twee mans en ‘n jong seuntjie geneem.

Die ongeluk het net voor 17:00 gebeur op die lang draai net voor Vaalpark in die rigting van Sasolburg. ‘n Man en jong seuntjie in ‘n wit Opel Astra is op die toneel dood verklaar terwyl Vaal Emergency Care (VEC) die vrou na die Vaalpark hositaal geneem het vir behandeling. Die bestuurder van ‘n wit Toyota Quest is op die toneel deur paramediese personeel behandel maar is oomblikke later oorlede. Sy passasier, ‘n vrou was ongedeerd maar baie geskok.

ER24, Netcare 911 en VEC asook die polisie van Sasolburg, die brandweer en verkeerspersoneel was op die toneel. Die verkeer is vir ‘n tyd lank opgehoop terwyl forensiese deskundiges die toneel gefotografeer en opmetings gedoen het. Die ongeluk is vermoedelik ‘n gedeeltelike kop-teen-kop botsing en sal deur die Sasolburg polisie ondersoek word. Volgens onbevestigde inligting was ‘n derde voertuig ook betrokke maar geen insittendes is beseer en geringe skade is aan die voertuig opgedoen.

Foto: Jannie du Plessis
Foto: Jannie du Plessis
Foto: Jannie du Plessis

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button