Local newsNewsNewsBreaking News

Motorfietsryer en fietsryer sterf albei in ongeluk

Motorfietsryer en fietsryer sterf albei in ongeluk

VANDERBIJLPARK. – ‘n Motorfietsryer en ‘n fietsryer is albei opslag dood toe die fietsryer oor die pad voor die aankomende motorfietsryer ingery het.

Die ongeluk het vanmiddag, Saterdag 25 Mei, ongeveer 17:00 plaasgevind op die R57 net na die Flora Gardens brug in die rigting van die R42 (Kruising van die dood). Volgens inligting was die motorfietsryer, vermoedelik in sy dertigs, van ‘n byeenkoms op pad huis toe toe die fietsyryer voor hom oor die pad gery het. Verkseie ander motorfietsryers het op die toneel gestop en vriende en familie het mekaar getroos. Die motorfiets, ‘n Suzuki GSX 1000 het ‘n ent daarvandaan in die bosse gelê.

Albei is deur ER24 op die toneel dood verklaar. Emfuleni verkeer was op die toneel en het die verkeer beheer. Die polisie en forensiese deskundiges het die toneel gefynkan en gefotografeer en die saak word ondersoek.

LEES MEER IN VAALWEEKBLAD 29 MEI

FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button