Local newsNewsNewsBreaking News

Man sterf by hospitaal na ongeluk voor NWU

Man sterf by hospitaal na ongeluk voor NWU

VANDERBIJLPARK. – ‘n Jong man was Saterdagaand 25 Mei in ‘n ongeluk betrokke sowat 20m van die ingang na die universiteit en het later aan sy beserings in die hospitaal beswyk.

Volgens inligting het hy die randsteen getref voor die afdraai na die universiteit en het die voertuig, ‘n Ford Figo ‘n lamppaal omgery en omgeslaan en op die sypaadjie in die teenoorgestelde baan tot stilstand gekom. ER24 paramediese personeel het die kritieke man op die toneel behandel en na die hospitaal geneem. By die Sebokeng hospitaal het sy toestand egter versleg en is hy oorlede. Geen identifikasie kon by hom gevind word nie en die polisie ondersoek die saak.

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button