Local newsNewsNewsBreaking News

Vrou onder kar na man hek afry

Vrou onder kar na man hek afry

Jannie du Plessis – Vaalweekblad

VANDERBIJLPARK. – ‘n Vrou is gisteraand, Dinsdag 4 Junie ernstig beseer toe sy die hek moes oopmaak en haar man deur die hek gebars het en haar getref het.

Die ongeluk het ongeveer 23:00 in Mahlerstraat plaasgevind. Die vrou is deur die Nissan getref en het onder die voertuig beland nadat die voertuig teen die aangrensende heining van die bure gebots het. Insleepdienste het die voertuig gelig terwyl ER24 paramediese personeel die beseerde vrou onder die voertuig uitgehaal het. Sy is op die toneel gestabiliseer en na die hospitaal geneem vir behandeling.

FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button