CommunityLifestyleLocal newsNewsNewsUpdate

Perdesport laat Afridome dreun

PARYS. – Ruiterkuns uit die boonste rakkie was onlangs aan die orde van die dag toe die  SAWMGA Invitational Elite geleentheid by die AfriDome in Parys aangebied is. Behalwe vir SA se top ruiters, was ruiters van Amerika, Botswana, Namibië, Zimbabwe in aksie. Dié “Western Mounted Games” wat jaarliks hier aangebied word lok telkens groot belangstelling. Dit …

PARYS. – Ruiterkuns uit die boonste rakkie was onlangs aan die orde van die dag toe die  SAWMGA Invitational Elite geleentheid by die AfriDome in Parys aangebied is. Behalwe vir SA se top ruiters, was ruiters van Amerika, Botswana, Namibië, Zimbabwe in aksie. Dié “Western Mounted Games” wat jaarliks hier aangebied word lok telkens groot belangstelling. Dit word beskou as een van die gewildste perdesportsoorte en deelname groei jaarliks en vinnig. Van die items waaraan ruiters deelgeneem het sluit in “barrel racing” wat waarskynlik die bekendste item is, “scurry”, “keyhole”, “stake race”, “flag race”, “speedball” en “bending poles”. Foto’s: HD Xion Pics. Dié span fotograwe (Dricky, Hennie, Chris en Marcelle) was die fotograwe by die geleentheid en het prag-aksiefoto’s aan Vaalweekblad beskikbaar gestel vir publikasie.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button