Local newsNewsNews

R59 eis weer sy tol

MEYERTON. – Twee vragmotors was Woensdagaand op die R59 digby Samancor in ‘n ernstige ongeluk betrokke. Die oorskot van een van die vragmotors wat deur die veiligheids barrikade gebars het, het Donderdagoggend stille getuienis gelewer van die nagmerrie wat homself die vorige aand afgespeel het. Volgens ‘n verkeersbeampte op die toneel het een van die vragmotors …

MEYERTON. – Twee vragmotors was Woensdagaand op die R59 digby Samancor in ‘n ernstige ongeluk betrokke. Die oorskot van een van die vragmotors wat deur die veiligheids barrikade gebars het, het Donderdagoggend stille getuienis gelewer van die nagmerrie wat homself die vorige aand afgespeel het.

Volgens ‘n verkeersbeampte op die toneel het een van die vragmotors wat van Vereeniging na Johannesburg onderweg was se band gebars. Die bestuurder het beheer oor die vragmotor verloor en oor die middelman gejaag en ‘n aankomende vragmotor getref. Een van die vragmotors het deur die veiligheids barrikade gebars. Die splinters van die houtpale en dit wat van die staal barrikade oorgebly het, het die toneel besaai. Beamptes op die toneel kon nie bevestig of iemand in die ongeluk gesterf het nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button