Local newsNewsNewsBreaking News

Leerling per helikopter vervoer na besering by skool

VANDERBIJLPARK. - 'n Leerling van Laerskool D.F. Malherbe is vanoggend, 6 Augustus, deur die Netcare 911 Noodhelikopter na die Unie hospitaal in Alberton gevlieg nadat sy haar arm ernstig seergemaak het by die skool.

VANDERBIJLPARK. – ‘n 11-Jarige leerling van Laerskool D.F. Malherbe is vanoggend, 6 Augustus deur die Netcare 911 noodhelikopter na die Unie hospitaal in Alberton gevlieg nadat sy haar arm ernstig seergemaak het by die skool.

ER24 paramediese personeel was vinnig op die toneel en het die meisie behandel. Sy het haar skouer ontwrig en van die senuwees het seergekry. Sy het ook gevoel begin verloor in die arm, been en voet en het multi spesialis behandeling benodig. ER24 paramediese personeel het besluit om haar te verwys en aangesien ‘n Neurochirurg nie plaaslik beskikbaar was nie, is sy deur Netcare 911 na die Unie hospitaal in Alberton gevlieg.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button