LifestyleLocal newsNationalNews

Fotoalbums, Bybel en ou begrafnisbrief by begraafplaas gevind

Weet iemand dalk aan wie dié foto's behoort?

 

Vaalweekbladleser Naomi Keyter laat weet dat sy Vrydag (16 Augustus) by die Vanderbijlparkse begraafplaas in Dongesstaat op hierdie fotoalbums en ‘n Bybel afgekom het wat net daar gelê het.
“Ons weet nie of dit op ‘n graf hoort en of dit dalk daar weggegooi is nie. Ons het dit maar op die naaste graf gebêre… Ons plaas dit hier op Facebook vir kennisname as dit aan iemand behoort,” sê Naomi.

Buiten die Bybel, familie- en troufoto’s is daar ook ‘n begrafnisbrief uit 2004 van ‘n Michael Prinsloo maar daar is ook sprake van ‘n Roets-gesin.

Enigiemand wat vermoed dat die artikels aan hul familie behoort, kan by die begraafplaaskantoor navraag doen, of laat weet Vaalweekblad by 083 246 0523 as ons u kan help om dit weer te vind.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button