Local newsNewsNewsBreaking News

Een dood en twee beseer tydens ongeluk

Een dood en twee beseer tydens ongeluk

SASOLBURG. – ‘n Man is dood en twee vrouens beseer tydens ‘n ongeluk op die R57 langs Vaalpark.

Die ongeluk het net voor 13:00 Saterdagmiddag, 7 September, gebeur toe die bestuurder van die ligte motorvoertuig beheer verloor het oor die voertuig en verskeie kere gerol het. ER24 en Netcare 911 paramediese personeel het op die toneel die twee vrouens, wat op die toneel rondgeloop het, behandel en na nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Die man, in sy dertigs, is sowat 5 meter vanaf die voertuig gelê en is op die toneel dood verklaar. Die vermoede is dat die voertuig se band gebars het wat die ongeluk veroorsaak het. Die polisie ondersoek die ongeluk.

FOTO: ER24

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button