CommunityNewsNewsUpdate

Nasionale nuus: Jong man wag nou om te sterf

Braam Blignaut, ‘n slagoffer van ‘n plaasaanval vier jaar terug in Mooinooi, Noordwes, het albei sy bene verloor aan skietwonde wat tydens die plaasaanval opgedoen is. Hy het intussen ‘n infeksie opgedoen en wag om dood te gaan. Die gesin het nie eens geld vir morfien op m die erge pyn te stop nie.   Die staatshospitaal …

Braam Blignaut, ‘n slagoffer van ‘n plaasaanval vier jaar terug in Mooinooi, Noordwes, het albei sy bene verloor aan skietwonde wat tydens die plaasaanval opgedoen is. Hy het intussen ‘n infeksie opgedoen en wag om dood te gaan. Die gesin het nie eens geld vir morfien op m die erge pyn te stop nie.

 

Die staatshospitaal waar hy behandel was het glo gesê dat hulle niks meer vir hom kan doen nie.

Hierdie gesin kan nie gesondheidsversekering bekostig nie, en daarom kan hulle nie die morfien wat hy benodig, bekostig om gemaklik te bly nie en ten minste die beste tyd te benut wat hy oor het met sy vrou en kinders. Hy het ‘n infeksie in sy bekken en ‘n septiese wond waar die vel te swak is om aanmekaar gestik te word.

Braam en sy gesin is nou heeltemal afhanklik van donasies en ondersteuning van vriende en familie.

Daar is ‘n GoFundMe-bladsy gestig vir mense wat wil skenk vir fondse vir die spesialis en MRI by https://www.gofundme.com/f/double-amputee-just-waiting-to-die-needs-morphine

Skenkings in Suid-Afrika kan ook direk aan hom gestuur word by:

A. J. Blignaut
Spaarrekening
Rekeningnommer: 1350685583
Bank: Capitec
Tak: Rustenburg

Back to top button