CommunityLocal newsNewsNews

Bekende taxidrywer skielik oorlede

VANDERBIJLPARK. – Een van Taljaard Taxi’s se mees gerespekteerde en ervare personeellede, mnr. Hans van der Westhuizen, is op Donderdag 12 September skielik oorlede. Hy het vermoedelik aan ’n hartaanval gesterf. Oom Hansie, soos hy onder sy kollegas en kliënte bekend was, was vir byna 20 jaar ’n baie bekende gesig vir Vaaldriehoekers wat van …

VANDERBIJLPARK. – Een van Taljaard Taxi’s se mees gerespekteerde en ervare personeellede, mnr. Hans van der Westhuizen, is op Donderdag 12 September skielik oorlede. Hy het vermoedelik aan ’n hartaanval gesterf. Oom Hansie, soos hy onder sy kollegas en kliënte bekend was, was vir byna 20 jaar ’n baie bekende gesig vir Vaaldriehoekers wat van Taljaard Taxi’s se dienste gebruik gemaak het. Sy toestand nadat hy sy vrou Meisie, sowat drie jaar gelede aan die dood afgestaan het, het geleidelik versleg, maar oom Hans het tot met sy dood pligsgetrou voortgegaan om sy werk met onderskeiding voort te sit. Oom Hans was soos ’n pa vir al die Taljaard Taxi-personeel. “Ons sal sy vriendelike en positiewe uitkyk op die lewe baie mis. “Hy was altyd bereid om die ekstra myl te loop en sy afsterwe laat ‘n groot leemte by Taljaard Taxi’s,” sê kollegas. Oom Hansie se roudiens is reeds op Woensdag 18 September vanuit die Siesta Kapel by die Herfsoord aftreeoord gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button