Local newsNewsNews

‘Bikers’ help slaggate regmaak

VANDERBIJLPARK. – Motorfiefietsryers, plaaslike sakeondernemings en lede van die gemeenskap het die afgelope naweek moue opgerol en gehelp om 2 100 slaggate in verskeie strate in Vanderbijlpark te vul as deel van ’n massiewe slaggat-herstelprojek. Volgens Butch Blignault, voorsitter van AfriForum se Vanderbijlpark-tak het altesaam nege motorfietsklubs aan die aksie – wat “Projek Gatvul” gedoop is – deelgeneem. Dit sluit onder meer motorfietsryers van die …

VANDERBIJLPARK. – Motorfiefietsryers, plaaslike sakeondernemings en lede van die gemeenskap het die afgelope naweek moue opgerol en gehelp om 2 100 slaggate in verskeie strate in Vanderbijlpark te vul as deel van ’n massiewe slaggat-herstelprojek. Volgens Butch Blignault, voorsitter van
AfriForum se Vanderbijlpark-tak het altesaam nege motorfietsklubs aan die aksie – wat “Projek Gatvul” gedoop is – deelgeneem.
Dit sluit onder meer motorfietsryers van die Knights, Fidus-Amicus, Black Fangs, Mystify Vaal, Dogs of War, Gypsey Jokers, GPS Riders en die Christiaan Motorcyclist Association in.
Die aksie is daarop gemik om die dorp se paaie veiliger vir motoriste te maak. Volgens Blignault het die Vanderbijlparktak 35 ton teer aangekoop en die projek het ongeveer R90 000 beloop. Motorfietsryers het om 08:00 by Pick n Pay by Bedworthpark byeengekom en van daar af na AfriForum se kantoor in Rossini-boulevard vertrek waar die sakke teer opgelaai is.
Daarna is die klubs na verskillende woongebiede in Vanderbijlpark waar hulle gehelp het om slaggate te vul. Volgens Blignault is een van die groter
slaggate wat toegestop is ‘n tamaai slaggat van 2 meter by 0,8 m groot. Die projek vorm deel van AfriForum se groter #OnsDorp-veldtog wat van
stapel gestuur is om volhoubare projekte te identifiseer en aan te pak om gemeenskappe te verbeter.
“AfriForum se Vanderbijlpark-tak het beslis die spyker op die kop geslaan met hul slaggatvulprojek. “Dit is die ware uitbeelding van wat ’n
eenvoudige R50-bydrae per maand in ’n dorp kan beteken,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se assistent-koördineerder vir die Wes-Rand.
“Ek wil graag die gemeenskapslede, sake-eienaars en die motorfietsklubs bedank vir hul harde werk en wil inwoners ook aanmoedig om by die tak
betrokke te raak. As ons saamwerk, kan ons ’n groot verskil in Vanderbijlpark maak,” sê Blignault.

Gee die teer meneer. Meer as 35 ton teer is gebruik om sowat 2
100 slaggate in verskeie strate in Vanderbijlpark te vul.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button