NewsNews

Taxi skiet glo op motoris

VANDERBIJLPARK. – ‘n Padwoede voorval tussen ‘n motoris en ‘n taxibestuurder op Barrageweg naby die Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT) het laat vanmiddag glo tot ‘n skietvoorval gelei. Volgens Marco Miguel Jardim se inskrywing op Vaal Traffic Netwerk se Facebookblad het die voorval op Barrageweg tussen Pick ‘n Pay en VUT plaasgevind. Hy was in …

VANDERBIJLPARK. – ‘n Padwoede voorval tussen ‘n motoris en ‘n taxibestuurder op Barrageweg naby die Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT) het laat vanmiddag glo tot ‘n skietvoorval gelei.

Volgens Marco Miguel Jardim se inskrywing op Vaal Traffic Netwerk se Facebookblad het die voorval op Barrageweg tussen Pick ‘n Pay en VUT plaasgevind. Hy was in die linkerbaan en het binne die spoedgrens gery, waarna ‘n taxibestuurder hom glo bloediglik vererg het, omdat Jardim geweier het om vinniger te ry.

Die Taxibestuurder het aanstootlike hangebare vir Jardim gewys. Toe Jardim vir hom ‘n handgebaar terugwys, het die taxibestuurder glo ‘n vuurwapen op hom gerig en ‘n skoot afgetrek, wat sy ligbruin Kia Sorento in die kattebak getref het. Jardim is opsoek na ooggetuies. Hy het ‘n saak by die polisie aanhangig gemaak, maar het ongelukkig nie die taxi se registrasienommer gesien nie.

Die koeëlgat in ‘n motoris se Kia na ‘n padwoedevoorval op Barrageweg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button