NewsSport

VDBP skud V’niging

VANDERBIJLPARK. - Die eerste krieketspan van Vanderbijlpark het Saterdag ’n groot opskudding veroorsaak toe hy Vereeniging in die Sedibeng eersteliga geklop het.

In nog eersteliga-kragmetings het die Ratels op die wenkoers gebly toe hulle Old Vaal geklop het. Vir Old Vaal het D. Aucamp (21) en OJ van
Rooyen (17) met die kolf uitgeblink. Vir die Ratels was B. Heine (3/41) en N. Erasmus (4/41) hul beste boulers. N. Erasmus (51) was die Ratels se top kolwer.
Z. Mariti (2/14) was Old Vaal se voorste bouler. New Vaal het op sy beurt sy eerste sege behaal toe hy Sasol op sy tuisveld met 7 paaltjies geklop het.
Sasol het die loot gewen en eerste gaan kolf en het ‘n mededingende 221 lopies aangeteken, danksy goeie kolfwerk deur J. Malherbe (73) en E. Bezuidenhout (51). Q. Kleinhans en G. Moloney het met die bal vir New Vaal uitgeblink. New Vaal se kolwers het egter maalvleis van die teiken gemaak om met 7 paaltjies te seëvier. R. Havenga (54) en H. Viljoen (86) het New Vaal se kolfaanslag gelei.

E. Bezuidenhout (51) van Sasolburg Krieketklub
se eerste krieketspan speel sy dryfhou
deur die dekveld. Foto’s: Ettienne van
Rensburg

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button