LifestyleLocal newsNewsNewsBreaking News

SA regstelsel faal burgers

Mense voel nie meer veilig in die land nie. Jy voel nie veilig op die pad nie, want daar is niemand wat sorg dat padreëls toegepas word nie. Jy voel ook nie veilig in jou huis nie, want inbrekers kom letterlik met moord weg! Daar is nie meer vertroue in ons land se regstel nie …

Mense voel nie meer veilig in die land nie. Jy voel nie veilig op die pad nie, want daar is niemand wat sorg dat padreëls toegepas word nie. Jy voel ook nie veilig in jou huis nie, want inbrekers kom letterlik met moord weg!

Daar is nie meer vertroue in ons land se regstel nie en met goeie rede. Van die meer as 16 000 kapingsvoorvalle wat in 2018/19 aangemeld is, was daar weinig van die oortreders wat uiteindelik straf uitgedien het.

Syfers wat vrygestel is toon dat daar slegs 1 uit elke 40 kapers vasgetrek, gearresteer en aangekla word vir hul misdrywe.

Dit is egter nie net dié kriminele wat wegkom met hul misdrywe nie, slegs sowat 9% seksoortreders word suksesvolg vervolg en beland uiteindelik agter tralies.

Daar is geen twyfel dat SA se regstelsel sy burgers faal nie. Wat sake nog erger maak is dat die meeste mense van mening is dat die polisie en ander veiligheidsmagte se ondoeltreffende funksionering boonop toeneem.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button