NewsSport

Kolwe ‘blaf’ by SPL

VEREENIGING. – Die Topfix Sedibeng Premierliga T20-reeks het die naweek weer krieket uit die boonste rakke opgelewer. In die stryd om te bepaal wie die draer van die Blou Pet (bouler) en Oranje Pet (kolwer) gaan wees, heers daar hewige tweestryde. In die o.11-afdeling is Damian du Plessis van die Netrec Bullets (6/37 in 9 beurte) die draer van die Blou Pet. Die Oranje Pet …

VEREENIGING. – Die Topfix Sedibeng Premierliga T20-reeks het die naweek weer krieket uit die boonste rakke opgelewer. In die stryd om te bepaal wie die draer van die Blou Pet (bouler) en Oranje Pet (kolwer) gaan wees, heers daar hewige tweestryde. In die o.11-afdeling is Damian du
Plessis van die Netrec Bullets (6/37 in 9 beurte) die draer van die Blou Pet. Die Oranje Pet vir o.11’s behoort aan Jacques Nel (HS Warriors: 67 van 83
balle in 3 kolfbeurte), gevolg deur Ruan Klaassen (Netrec Bullets: 66 lopies van 65 balle in 3 kolfbeurte). Wat die afdeling vir o.13’s betref, is
Quinten van Staden (Mega Thunders: 5/30 in 6 beurte) steeds die top bouler, met Henno Steyn (5/43 in 6 beurte) kort op sy hakke. Wat die kanonkolwe betref, het Dihan Janse van Rensburg (84 van 40 balle na 2 kolfbeurte) die hardste geblaf, met Louis van Wyk (Pirates: 66 van 64
lopies in twee kolfbeurte) en Kevin Gouws (Number Crunchers: 65 van 35 balle in twee kolfbeurte) wat ook steeds in die wedloop is.

Ruan Coetzee van die Sealtec Steamers maak gereed om ‘n aflewering af te stuur

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button