Local newsNewsNewsBreaking News

Vaal gaan gebuk onder ongelukke oor naweek

Dit was weer eens ‘n naweek wat bebuk gegaan het onder ongelukke en beserings in die Vaaldriehoek. Twee mans is Saterdagoggend beseer toe ‘n motorfietsryer en ‘n fietsryer teen mekaar gebots het by die Voortrekker-afrit in Vereeniging. ER24 se nooddienspersoneel was omstreeks 10:50 op die ongelukstoneel. Die fietsryer, ‘n man in sy vyftigs, en die …

Dit was weer eens ‘n naweek wat bebuk gegaan het onder ongelukke en beserings in die Vaaldriehoek.

Twee mans is Saterdagoggend beseer toe ‘n motorfietsryer en ‘n fietsryer teen mekaar gebots het by die Voortrekker-afrit in Vereeniging. ER24 se nooddienspersoneel was omstreeks 10:50 op die ongelukstoneel. Die fietsryer, ‘n man in sy vyftigs, en die motorfiersryer, ‘n man vermoedelik in sy veertigs, is op die toneel sowat 50m weg van mekaar gevind.

Nadat ER24 die mans ondersoek het, is bevind dat die motorfietsryer veelvuldige ernstige beserings opgedoen het, en die fietsryer slegs ligte beserings. Die motorfiersryers is na Mediclinic Emfuleni geneem vir verdere behandeling.

In nog ‘n voorval in Vanderbijlpark is twee vroue (albei vermoedelik in hul twintigs) erstig beseer toe hul voertuig teen ‘n verkeerslig op die R42 Barrageweg gebots het.

ER24 se noodpersoneel het omstreeks 03:25 op die ongelukstoneel opgedaag. Een van die vroue was steeds in die voertuig, terwyl die ander een buite die voertuig gesit het. Albei is ernstig beseer en is na hul op die toneel behandel is, na Mediclinic Emfuleni geneem vir verdere behandeling.

Tydens nog ‘n ongeluk Saterdag is ses mense (waaronder vier kinders) beseer toe die voertuig waarin hulle was, op die R59 naby die Ringweg in Vereeniging gerol het.  ER24 se mediese personeel was omstreeks 15:00 op die ongelukstoneel waar hulle die motor op sy dak gevind het. Al die insittendes was reeds buite die voertuig. Twee vroue en vier dogters (2, 6, 8 en 14 jaar) het ligte beserings opgedoen en is op die toneel behandel, waarna hulle na die Sebokeng-hospitaal vervoer is.

In ‘n vierde ongeluk wat aangemeld is, het twee voertuie (‘n rooi Mercedez en ‘n bakkie) omstreeks 14:30 Saterdag teen mekaar gebots in Langerandweg, Sonlandpark, Vereeniging. Daar is nie sekerheid of daar enige ernstige beserings was nie, maar ER24, SSG en CPF lede was op die toneel.

Foto: Rudy Francis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button