NewsNews

Is dit ‘n huis wat daar op die Vaalrivier dryf?

VANDERBIJLPARK. – Inwoners langs die Vaalrivier het Vrydagoggend twee keer gekyk om seker te maak hulle oë bedrieg hulle nie … want wraggies, dit is mos ‘n huis wat daar langs die rivier afdryf!

En hulle was nie verkeerd nie, dit wat hulle gesien het is Benedetto on Vaal, ‘n plaaslike en baie gewilde trou-venue langs die Vaalrivier, se nuwe boothuis, of riviervilla. Dié boothuis genaamd, House of Bell, is vernoem na die venue se geliefde Great Dane, Tinkerbell, wat in Desember dood is. Die groot trek is Vrydagoggend aangepak. Die luukse riviervilla is omstreeks 08:00 in die rivier by Riverside Sun te water gelaat, waarna die trotse eienaar, Gert van Rensburg en sy geselskap, die rit in die riviervilla tot by Benedetto on Vaal geniet het.
Die luukse riviervilla het ‘n enjin soos enige ander boot op die Vaalrivier, maar spog verder met drie lugverkoelers, ‘n alarmstelsel, slaapkamer en sitkamer ingerig met televisie, om maar net ‘n paar te noem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button