NewsNewsBreaking News

Kan ons land nog meer korrup word?

“Die ondersoek en beslagleggings in al die kantore (landswyd) van die meester van die hooggeregshof is ‘n verdere teken van morele verval in Suid-Afrika,” dit is die woorde van Jaco Mulder, VF Plus LP en hoofwoordvoerder: Justisie. Mulder lê klem daarop in sy persvrystelling dat “wanadministrasie en korrupsie op alle vlakke in Suid-Afrika uitgeroei moet …

“Die ondersoek en beslagleggings in al die kantore (landswyd) van die meester van die hooggeregshof is ‘n verdere teken van morele verval in Suid-Afrika,” dit is die woorde van Jaco Mulder, VF Plus LP en hoofwoordvoerder: Justisie.

Mulder lê klem daarop in sy persvrystelling dat “wanadministrasie en korrupsie op alle vlakke in Suid-Afrika uitgeroei moet word”.

Dit is eger kommerwekkende dat die departement van justisie, dit waarvoor hy staan en eintlik ‘n voorbeeld van geregtigheid moet wees, nou ondersoek moet word. Dit is ook waar talle kwesbare mense se boedels hanteer word.

“Die totale sluiting van al die kantore van die meester kan regsimplikasies inhou. Die VF Plus verwelkom die ondersoek, maar betwyfel of dit nodig is om die totale werksaamhede van dié krities belangrike kantoor en sy rol tot stilstand te dwing.”

Die minister van justisie, mnr. Ronald Lamola, moes vroeër reeds ‘n ondersoek geloods het om te verhinder dat die omvang van korrupsie tot op hierdie vlak vorder,” sluit Mulder se verklaring af.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button