Local newsNewsNewsBreaking News

Metsimaholo-munisipaliteit faal inwoners

“Die Metsimaholo-plaaslike munisipaliteit (Sasolburg, Deneysville, Oranjeville ) oortree die Munisipale Finansiële Bestuurswet deur nie sy mediumtermynassering- en jaarverslae betyds volgens wetlike bepalings aan die raad bekend te maak nie,” lui Theo du Toit, VF Plus-raadslid: Metsimaholo Plaaslike Munisipatliteit se persverklaring. Dti is na aanleiding van ‘n Raadsvergadering wat verlede week sou plaasvind, maar toe verdaag …

“Die Metsimaholo-plaaslike munisipaliteit (Sasolburg, Deneysville, Oranjeville ) oortree die Munisipale Finansiële Bestuurswet deur nie sy mediumtermynassering- en jaarverslae betyds volgens wetlike bepalings aan die raad bekend te maak nie,” lui Theo du Toit, VF Plus-raadslid: Metsimaholo Plaaslike Munisipatliteit se persverklaring.

Dti is na aanleiding van ‘n Raadsvergadering wat verlede week sou plaasvind, maar toe verdaag is omdat daar nie ‘n kworum op dié vergadering was nie. Sedertdien is daar nie ‘n vergadering deur die Speaker, Thabo Mabasa, binne sewe dae gereël soos vereis word nie.

“Die raad faal ook om ‘n geskikte munisipale bestuurder aan te stel. Die hoof finansiële beampte- en  alle direkteursposte is ook vakant,”beklemtoon Du Toit.

“Dit is onaanvaarbaar dat die Speaker en burgemeester hul wetlike verpligtinge versuim. Die munisipaliteit is in ‘n chaotiese toestand en die inwoners ly as gevolg van ‘n onverantwoordelike ANC-SAKP-regering wat nie wetlike verpligtinge gehoorsaam nie”.

Die Metsimaholo-raad is alreeds in 2017 ontbind weens die nie-nakoming van wetlike verpligtinge. Sedertdien het die munisipaliteit se bestuur aanhou verswak.

“Die VF Plus sal die nasionale minister van samewerkende regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, vra om dringend in te gryp om die toestand by die munisipaliteit te beredder. Die VF Plus sal aanhou veg vir verantwoordelike plaaslike regerings waar dienslewering geskied en daar agting gegee word aan inwoners se regte,”sluit Du Toit af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button