News

Daar kan nie langer oor plaasmoorde geswyg word nie!

Suid-Afrika het nog nie een van die vorige wrede plaasaanval herstel nie, of daar is 'n volgende een.

“Die land het pas ’n swart week beleef wat plaasaanvalle aanbetref. En steeds swyg die ontkennende president, Cyril Ramaphosa, asof dit nie gebeur nie,” sê Dr. Corné Mulder, leier van die VF Plus.

Ná die aanval op mnr. Donovan Marx verlede Woensdag, waarin hy geskiet en sy ore afgesny is, is mnr. Les Brett (67) en sy vrou, Natasha (68), Sondag op ’n kleinhoewe by Broederstroom aangeval.

Hulle is ure lank op grusame wyse gemartel, onder meer met kookwater.

Die wonde aan mnr. Brett se gesig en arms is só erg dat dit lyk of hy in ’n ernstige motorongeluk was. Boonop moes hy aanksou hoe sy vrou voor hom aangerand word.

Enkele weke gelede is mev. Hannetjie van Zyl (55) doodgeslaan terwyl sy die hek op haar plaas by Ottosdal oopgemaak het.

Mediaverklaring

“Die VF Plus wil aan pres. Ramaphosa vra of hy so min van die land se boere dink dat hy volhard met sy ontkenning dat dit enigsins gebeur, soos wat hy in 2018 in ‘n Bloomberg-onderhoud gedoen het,” sê Mulder in ‘n mediaverklaring.

“Ons wil hom vra om hieraan te dink wanneer hy by sy volgende maaltyd aansit. Dit is die land se boere wat onder uiters moeilike omstandighede in ’n harde klimaat sorg dat Suid-Afrikaners kos van die hoogste gehalte op hul tafel kan sit”.

“Mense en partye soos die VF Plus wat die wêreld oor hierdie krisis inlig, word beledig en gedreig deur oneerlike kommentators en ’n gevoellose regering. Die VF Plus sal hom nie hierdeur laat afskrik of intimideer nie.

“Die party sal aanhou om die kollig op ongeregtighede soos plaasaanvalle te laat skyn totdat die druk op die regering so groot raak dat hy gedwing sal word om op te tree, of tot daar oor enkele jare ’n nuwe, eerbare regering aan bewind kom waarvan die VF Plus ’n deel sal vorm,” sluit Mulder af.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button