Familie vra hulp met verassingskoste ná Henley-verdrinking
Die verassing alleen kos R10 000, met verdere diensgelde wat nog bykom.
HENLEY-ON-KLIP – Die familie van Cornelius Jansen Taljaard van der Berg, wat op 22 Oktober by die Kidson-keerwal verdrink het, vra die gemeenskap se hulp om sy verassing te betaal.
Volgens ’n plasing op sosiale media beloop die verassingskoste R10 000. Bykomende diensgelde is nie by dié bedrag ingesluit nie.
Van der Berg, ook bekend as Neels, se liggaam is uit die Kliprivier gehaal nadat hy en ’n tweede man daardie oggend in die water beland het.
Vaalweekblad het vroeër oor die voorval berig. Konst. Nompumelelo Theodora Zazini, woordvoerder van die Meyerton-polisie, het bevestig dat een man se liggaam op die toneel gevind en na Sebokeng se forensiese patologie-eenheid geneem is.
Die soektog na die tweede man het die volgende oggend voortgeduur, maar het op daardie stadium niks opgelewer nie. Hy is later as die 48-jarige Sibusiso Enos Khumalo geïdentifiseer.
Sy familie het hom by die Meyerton-polisie as vermis aangemeld.
Van der Berg se ma sy liggaam uitgeken.
Die familie vra nou bydraes om die koste van sy verassing te help dek.
Die gepubliseerde hulpversoek dui aan dat skenkings regstreeks aan die begrafnisondernemer, Emmanuel Angel Funerals, betaal kan word.
Volgens die gepubliseerde hulpversoek kan skenkings regstreeks in die begrafnisondernemer se rekening betaal word:
- Bank: Standard Bank
- Rekeninghouer: Emmanuel Angel Funerals
- Rekeningnommer: 021941920
- Rekeningtipe: Lopende rekening
- Verwysing: Neels van der Berg
Die polisie het inwoners ná die voorval gemaan om riviere slegs by aangewese brûe oor te steek en uit vinnig vloeiende water te bly.
