NewsNewsBreaking News

In huis geskiet voor hy kon emigreer

Baie mense voel onveilig in Suid-Afrika en wil graag na enige ander land emigreer. Nog so ‘n pesoon is ‘n 54-jarige man wat op die punt was om na Kanada te emigreer, maar nou om sy lewe moet veg na hy verskeie kere deur ‘n inbreker in sy huis geskiet is. Die 54-jarige George Spalding …

Baie mense voel onveilig in Suid-Afrika en wil graag na enige ander land emigreer. Nog so ‘n pesoon is ‘n 54-jarige man wat op die punt was om na Kanada te emigreer, maar nou om sy lewe moet veg na hy verskeie kere deur ‘n inbreker in sy huis geskiet is.

Die 54-jarige George Spalding van Rustenburg word in die intensiewe sorgeenheid van die provinsiale hospitaal in Rustenburg behandel, nadat hy na wat verneem kan word sowat vier keer Donderdagoggend (tussen 03:00 en 04:00) geskiet is.

Die inbreker het toegang tot die huis gekry deur ‘n venster te breek en die diefwering oop te buig. Na hy geskiet is het George in sy motor geklim en straat toe gery. Hy het op die toeter van sy motor gelê maar niemand in die woonbuurt het uitkom nie. Hy was genoodsaak om etlike kilometers na vriende te ry waar hulle hom gehelp en hospitaal toe geneem het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button