NewsNewsBreaking News

Suid-Afrikaners ‘vlug’ na Nieu-Seeland

Volgens die nuuste statistieke hervestig Nieu-Seeland elke jaar 1 000 vlugtelinge deur middel van sy vlugtelingkwotaprogram. Daar is reeds meer as 35 000 vlugtelinge hervestig. Dit blyk ook dat Nieu-Seeland gewild is onder Suid-Afrikanser wat daarheen probeer “vlug”. In 2019 het 9 Suid-Afrikaners aansoek. In totaal het 83 reeds sedert 2010 soontoe probeer “vlug” Almal …

Volgens die nuuste statistieke hervestig Nieu-Seeland elke jaar 1 000 vlugtelinge deur middel van sy vlugtelingkwotaprogram. Daar is reeds meer as 35 000 vlugtelinge hervestig.

Dit blyk ook dat Nieu-Seeland gewild is onder Suid-Afrikanser wat daarheen probeer “vlug”. In 2019 het 9 Suid-Afrikaners aansoek. In totaal het 83 reeds sedert 2010 soontoe probeer “vlug” Almal het misluk.

Vlugtelinge wat ingevolge die program vir hervestiging oorweeg word, moet erken word as vlugtelinge wat deur mandaat verleen word en deur die Verenigde Nasies se hoë kommissaris vir vlugtelinge na Nieu-Seeland verwys word. SA is glo ver van ‘n bronland vir vlugtelinge, eerder ‘n land waarheen vlugtelinge uit buurlande vlug.

Suid-Afrikaners in Nieu-Seeland

Duisende Suid-Afrikaners het egter suksesvol na Nieu-Seeland getrek. Volgens die data van die Nieu-Seelandse immigrasie is tussen 2010 en 2019 13 540 aansoeke om verblyfreg ontvang, waarvan 12 463 goedgekeur is. Hierdie aansoeke verteenwoordig 34 150 mense,  waarvan 31 663 vir inwoning goedgekeur is.  In dieselfde tydperk het 17 936 studente toegang tot die land op studentevisums verleen – 2 230 hiervan in 2019.

Nieu-Seeland is gewild onder Suid-Afrikaners omdat dit veilig, kindervriendelik is en sterk werksgeleenthede het. Die huidige werkloosheidsyfer is slegs 4,3%.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button