NewsNews

Terapiehonde kuier by Jeugland

VANDERBIJLPARK. - Die Caring Friends terapiehonde het Donderdag, 13 Februarie weer die Jeugland Tehuis vir Bejaarders besoek.

Petra du Toit en Alek die Swart Russiese Terriër wat hom verbeel hy is in beheer.

Die meeste inwoners geniet die maandelikse besoek van die honde en hul hanteerders terdeë. Gister was daar ses honde aan diens, van die ervare Alek, ‘n Swart Russiese Terriër, en die 11-jarige Golden Retriever, Molly tot by die jongeheer Huckleberry wat maar vier maande oud is. Petra du Toit, Alek se hanteerder, sê Caring Friends bestaan al vir 11 jaar. “Ons besoek die June Nicholls Skool elke tweede Woensdag en Jeugland eenmaal per maand. Indien jy weet van ‘n organisasie wat ons kan besoek, hetsy in die dag of aand, of as jy en jou hond self wil betrokke raak, kontak ons gerus by 082 627 6201 of by info@happytailsdogtraining.co.za.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button