Local newsNewsNews

Troosdiens vir Sasolburg se hawelose Roelof

SASOLBURG. - Roelof Viljoen was wel ‘n hawelose jong man, maar hy was ‘n bekende inwoner in die dorp.

Roelof is gedurende Desember in die Sasolburg-hospitaal oorlede en ‘n spesiale troosdiens en -tee word Sondag, 16 Februarie om 11:00 vanuit die Gereformeerde Kerk Sasolburg in Faickneystraat vir hom gehou.
“Almal word genooi om aan hom te dink en sy familie te ondersteun,” sê Suzanne van Dyk
Roelof het aan die begin van Desember op ’n sypaadjie in die dorp inmekaargesak, waarna hy na die Sasolburg-hospitaal geneem en behandel is. Hy het egter op 8 Desember gesterf.
Die hospitaal het lank na sy familie gesoek. Danksy ‘n berig op Vaalweekblad se webtuiste is hulle verlede week opgespoor en kan Roelof uiteindelik ter ruste gelê word.
Die Bybelstudiegroep waar Roelof vir ‘n seisoen van sy lewe deel was, reël vir hom die Troosdiens.
“Ons wil so graag die mense en die families wat deur dieselfde dinge en seer verhoudings rondom ‘n geliefde wat afhanklik is van dwelms, nooi en bereik deur die Troosdiens,” verduidelik Suzanne.
* Vir meer besonderhede kontak Suzanne by 072 370 9394.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button