Local newsNewsNews

Golf bars deur huis se muur

VANDERBIJLPARK. – Die rustigheid van Langenhoven straat  is op Donderdag 20 Februarie verbreek toe ‘n wit Volkswagen GTI golf deur huisnommer 10B se muur gebars het. Niemand is ernstig in die ongeluk beseer nie, maar die bestuurder en passasier van die betrokke voertuig is per ambulans na ‘n plaaslike hospitaal geneem. Volgens ooggetuies het ‘n …

VANDERBIJLPARK. – Die rustigheid van Langenhoven straat  is op Donderdag 20 Februarie verbreek toe ‘n wit Volkswagen GTI golf deur huisnommer 10B se muur gebars het. Niemand is ernstig in die ongeluk beseer nie, maar die bestuurder en passasier van die betrokke voertuig is per ambulans na ‘n plaaslike hospitaal geneem. Volgens ooggetuies het ‘n Volkswagen bakkie vir ‘n ander voertuig uitgeswaai en die golf skrams getref waarna die voertuig eers ‘n lamppaal omgery het en toe deur die muur gejaag het. Volgens Annette O0sthuizen, die eienaar van die woning, is dit nie die eerste keer dat ‘n voertuig deur haar huis se heining bars nie.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button