NewsNews

Vaalrivier ’n toevlugsoord vir haweloses

VEREENIGING. - Die oewers van die Vaalrivier het ’n toevlugsoord geword waar talle hawelose gesinne deesdae ’n bestaan maak deur vis te vang.

Die lewensonderhoudende water en oorvloed van visbronne maak skynbaar van die rivier ’n gesogte adres vir diegene met geen ander heenkome nie, en ander wat verkies het om te ontsnap uit die rotresies en die vergeefse gejaag na geld.
Die feit dat daar geen erfbelasting, munisipale heffings of huur betaalbaar is nie, maak soveel te meer van die gebied ’n aanloklike blyplek.

’n Man lê en slaap in ’n klein plakkerskampie wat
vir visvang ingerig is aan die oewers van die Vaalrivier
by Vosloo Park.

Skaars ’n katspoegie van waar die rykes in weelde langs die rivier leef, tref mens deesdae dié enklawes van haweloses oral langs die rivier aan.
Selfs met die besoedeling waaroor daar gereeld berig word, blyk dit of dié gesinne wat langs die Vaalrivier woon, min getraak is. ’n Vaalweekbladleser het onlangs na ’n bootrit op die Vaalrivier, die situasie so beskryf: “Daar is ’n wit gesin wat bestaan uit ’n pa, ma en drie kinders.
Langs hulle, ’n entjie verder, probeer ’n swart gesin ook met hul kinders ’n bestaan maak.
“Die visstokke is ingegooi om ’n vis vir aandete te vang. Ek is byna doodseker as die swart gesin eerste ’n vis aan die lyn het, hulle dit met hulle wit bure sal deel sodat die kinders kan eet. Die wittes sal weer dieselfde doen,” skryf die leser.
Met Vaalweekblad se besoek aan die oewers van die Vaalrivier het ons ook verskeie kampies aangetref wat skynbaar vir bestaansvisvang ingerig is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button