News

Tragedie in Vanderbijlpark ná seun in fratsongeluk sterf

Volgens statistiek is fratsongelukke een van die hoofoorsake van dood onder kinders in Suid-Afrika.

VANDERBIJLPARK – ‘n Heerlike dag by die Emerald Resort & Casino het Saterdagaand in ‘n tragedie geëindig waarin ‘n jong seun gesterf het.

Luidens omstanders het die seuntjie, vermoedelik tussen sewe en tien jaar oud, bo-op die bult voor die casino se ingang gespeel en aan die agterkant daarvan afgerol. 

Hy het glo sy kop teen ‘n lampaal gestamp.

Nooddienste het vinnig gereageer en twee ambulansdienste het op die toneel opgedaag. 

Hulle kon egter niks vir die seuntjie doen nie en hy is op die toneel dood verklaar.

Vaalweekblad het die bestuur van Emerald Resort & Casino om amptelike kommentaar genader, maar teen die tyd van publikasie is geen reaksie ontvang nie.

Vaalweekblad se innige simpatie aan die gesin.

  • Fratsongelukke is een van die hoofoorsake van dood onder kinders in Suid-Afrika. Metings en navorsing deur die Mediese Navorsingsraad (MRC) en gesondheidsorganisasies soos ChildSafe South Africa toon dat duisende kinders jaarliks weens onopsetlike beserings sterf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button